
=====================================================================
Koningin stap voor in die ry (AV 6:1)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Koningin stap voor in die ry

'n NUWE uitgewer wat hoop om die huidige leemte in die publikasie van Africana te help vul, sprei tans sy vlerke in Kaapstad. Mnr. Piet 
Westra,   afgetrede hoof van die Suid-Afrikaanse Biblioteek in Kaapstad, noem sy onderneming dan ook paslik Africana Uitgewers. 'n Eerste 
boek, 'n faksimilee-herdruk van S.J. du Toit se   Di Koningin fan Skeba,   is einde verlede jaar deur die onderneming uitgegee.

Mnr. Westra het by navraag ges die leemte het ontstaan weens verskeie faktore. "Een daarvan is die dood van A.A. Balkema,   wie se 
voorbeeld, ideaal en gees in die publikasie van boeke oor die Kaap en oor Afrikaanse letterkunde ek graag met Africana Uitgewers wil 
navolg."

'n Ander rede is die skrapping van die uitgebreide publikasieprogram by die SA Biblioteek n mnr. Westra se aftrede. "Dit is ontsettend 
jammer dat daar nou landwyd weinig Africana gepubliseer word. Dit lyk selfs nou of die kwartaalblad van die SA Biblioteek in die slag gaan 
bly.

"Deur die jare het daarin baie inligting oor Africana literatuur, possels, ensovoorts verskyn. 'n Goeie voorbeeld is die artikels oor die 
ontstaan van Afrikaans deur Achmat Davids, waarin die Maleise invloed bespreek is.

"Toe ek direkteur was, het sowat sestig boeke deur die toedoen van die SA Biblioteek die lig gesien, wat dit een van die mees produktiewe 
instansies in sy soort ter wreld gemaak het."

Onder die biblioteek se publikasies was daar 'n projek soortgelyk aan Di Koningin fan Skeba wat as voorbereiding vir mnr. Westra se eerste 
boek by Africana Uitgewers gedien het: die faksimilee-herdruk van Afrikaanse gedigte byeen fersameld uit wat in di laaste dertig jaar 
ferskyn het (1876 tot 1906),   ook saamgestel deur S.J. du Toit.   Dit het in 1987 verskyn en het heel goed verkoop, volgens mnr. Westra.

"Ek sal dinge aanpak waarvoor kommersile uitgewers nie kans sal sien nie. My tweede boek is ook 'n faksimilee-herdruk, van 'n boek wat in 
1844 in Londen verskyn het met die titel Fifty days on board a slave-vessel in the Mocambique channel,   deur Rev. P.G. Hill. Dit het   
destyds geweldig opslae gemaak.

"Dit vertel die ware verhaal van 'n Britse oorlogskip wat jag gemaak het op slawehandelaars en 480 slawe bevry het. Maar hulle moes toe per 
skip van Madagaskar na die Kaap gebring word, 'n rampspoedige tog wat net sowat 300 slawe oorleef het."

Mnr. Westra s hy gaan ook volgens verdienste nuwe boeke uitgee. Hoewel sy fokus nie eksklusief op Afrikaanse boeke val nie, speel dit 'n 
belangrike rol in sy visie. "Gelukkig is dit tans nog moontlik om boeke in Afrikaans uit te gee, dansky die belangstelling en betrokkenheid 
van talle stigtings."

'n Ruim toekenning deur Het Jan Marais Nationale Fonds het dit byvoorbeeld moontlik gemaak om Di Koningin fan Skeba teen 'n billike prys, 
R45, te verkoop.

Mnr. Westra het nog nie planne n sy "slawe-boek" nie. "Ek is nog nie lank 'n afgetredene nie, en begin maar stadig; moes byvoorbeeld ook 
eers rekenaarvaardig word. Maar hoewel Africana Uitgewers op die oomblik 'n solo-projek is, is 'n uitgewer mos eintlik maar 'n 
tussenganger. Ander mense werk gewoonlik mee, soos dr. Dorothea van Zyl en   prof. Fritz Ponelis aan   Di Koningin fan Skeba."

Die eerste deel van die roman handel oor die ervaring van 'n klein reisgroep wat die Zimbabwe bouvalle per ossewa besoek. In die tweede 
deel word die reis afgewissel met 'n vertaling en uitleg van gedenkskrifte wat die groep per geluk daar ontdek. Dit verklaar dan dat die 
koningin van Skeba van Zimbabwe afkomstig was en dat dit Salomo se goudvelde was. Gabril Botma,   assistant-kunsredakteur van Die Burger.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6123.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Maart 1999 /// 'Ek is Afrikaanse Euro-Afrikaan' (AV 6:1) /// Afrikaans, 
jy en die Grondwet (AV 6:1) /// Veeltaligheid gekoester deur jong mense (AV 6:1) /// Geletterdheid (AV 6:1) /// HOOFARTIKEL-- Jaar met nuwe 
uitdagings (AV 6:1) /// Taalervaringe van 'n Duitse immigrant (AV 6:1) /// Afrikaanse posiebron vir Lae Lande (AV 6:1) /// In Verneukpan 
en Boesmanland lf Afrikaans (AV 6:1) /// Onbeskaamd granaatbos /// Toegevoegde teenoor verminderde tweetaligheid (AV 6:1) /// Kortverhaal 
-- Huisdiere (AV 6:1) /// Onderwys-werksessies (AV 6:1) /// Afrikaanse Bybel op die Internet (AV 6:1) /// Jan Schutte: 'n Huldeblyk (AV 
6:1) /// 'Dominee, 'n mooi sin is 'n mooi ding' (AV 6:1) /// Ligter taalmomente oor die grensdraad /// Nuwe era vir Afrikaanse boek (AV 
6:1) /// Op spoor van Maleise invloed (AV 6:1) /// Millennium-blues (AV 6:1) /// Afrikaans kuier oor die drumpel (AV 6:1) /// Hy 
verpersoonlik eerlikheid (AV 6:1) /// Ons lesers skryf (AV 6:1) /// Koningin stap voor in die ry (AV 6:1) /// Di koor gee jou hoop (AV 
6:1) /// Met 'n uitsig op 'n park (AV 6:1) ///

